Algemene Inligting
Beoordeling
Die beoordeling van alle kategorieë vind gedurende April en Mei plaas. Inligting oor die plek en datum verskyn by die sillabus van elke afdeling. Deelnemers of onderwysers sal ingelig word oor die tyd. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 7 Maart 2012, 17:00. GEEN INSKRYWINGS SAL OP OF NA 8 MAART AANVAAR WORD NIE.
Indien beswaar teen ’n deelnemer/koor gemaak word, mag die beoordelaar onder geen omstandighede genader word nie. ’n Brief moet die voorsitter binne 48 uur na die beoordeling bereik. Indien daar met die beoordelaar se evaluering ingemeng word, sal so ’n deelnemer gediskwalifiseer word.
Toegangsgelde mag vir nie-deelnemers by elke lokaal gehef word.
Toekennings
- Benewens die wisseltrofeë en pryse wat vir besonderse prestasies in sekere kategorieë van elke afdeling beskikbaar is, word sertifikate soos volg toegeken:
90% en hoër Cum Laude 85% - 89% Goud A+ 80% - 84% Goud A 75% - 79% Silwer B+ 70% - 74% Silwer B 60% - 69% Sertifikaat van Deelname - 'n Lys van wisseltrofeë, geldpryse of medaljes is beskikbaar op elke afdeling se sillabusblad.
- Wisseltrofeë bly die eiendom van die Kunswedstrydkomitee. Trofeehouers moet die trofeë voor 25 September 2012 by Musikhaus Heuer, Birdstraad 69, Stellenbosch of Allmusic, Jeanettestraat 36, Brackenfell terugbesorg. ’n Lys met bekers sal daar wees. Merk asseblief die naam van die beker wat u terugbring, af.
- Die toekenning van wisseltrofeë en pryse berus uitsluitlik by die Kunswedstrydkomitee in oorleg met die beoordelaars en geen navrae oor toekennings sal beantwoord word nie.
- Nuwe bekers moet voor die aanvang van die Kunswedstryd geskenk word. Indien ’n beker na beoordeling geskenk word, sal die Kunswedstrydkomitee so ’n beker eers die volgende jaar toeken.
- Gravering op die beker moet deur die bekerwenner op eie koste gedoen word. Die firma L B A Productions & Trophies, Sergeantstraat, Somerset-Wes (Tel 021 851 4230), word aanbeveel.
- Wisseltrofee-boetes (R700) sal gehef word op die skool/instansie/onderwyser van die bekerwenner indien die beker nie teen 25 September 2012 terugbesorg is nie.
Pryswennerskonserte
Deelname aan die pryswennerskonserte word bepaal deur die hoogste prestasies (volgens die beoordelaars) in die verskillende afdelings. Die kunswedstrydkomitee probeer om ’n gebalanseerde program saam te stel.
Deelnemers wat genooi is om aan die konsert deel te neem en nie opdaag nie, verbeur hul bekers of pryse. Konsertdrag is 'n vereiste.
| Junior Pryswennerskonsert (instrumentaal & kore) |
Endlersaal | Sondag 3 Junie 2012 om 15:00 |
| Senior Pryswennerskonsert (instrumentaal & kore) |
Endlersaal | Sondag 3 Junie 2012 om 19:00 |
Kontakbesonderhede
Stellenbosch Kunswedstryd
Posbus 6448
Uniedal
7600
Faks: 086 695 2246
info@stbkunswedstryd.co.za