Inskrywings & Deelname

Inskrywings sluit op Woensdag 7 Maart 2012, 17:00. Geen laat inskrywings sal aanvaar word nie. Inskrywings kan volgens een van die volgende wyses geskied:

  • Per e-pos of faks:
    Vul die vorm in en stuur direk aan inskrywings@stbkunswedstryd.co.za of faks na 086 695 2246. Gebruik die bankbesonderhede soos hier onder verskaf om betalings aan die Kunswedstryd te maak. L.W. Die bewys van betaling moet die inskrywing vergesel. GEEN KONTANT OF TJEKS WORD AANVAAR NIE.
  • Per hand:
    Inskrywingsvorms kan in ’n eie koevert by Musikhaus Heuer, Birdstraat 69, Stellenbosch of Allmusic, Jeanettestraat 36, Brackenfell, ingehandig word. Daar sal ’n lys wees wat u asseblief moet invul. L.W. Die bewys van betaling moet die inskrywing vergesel. GEEN KONTANT OF TJEKS WORD AANVAAR NIE.
  • Inskrywingsvorms kan gepos word na:
    Stellenbosch Kunswedstryd
    Posbus 6448
    Uniedal
    7612
    L.W. Die bewys van betaling moet die inskrywing vergesel. GEEN KONTANT OF TJEKS WORD AANVAAR NIE.

Bankbesonderhede:

Stellenbosch Kunswedstryd
Bank: ABSA
Takkode: 632005
Tjekreningnommer: 406 1070 476
L.W Geen kontant of tjeks word aanvaar nie. Afrigters of instansies is verantwoordelik om 'n bankinbetaling te doen van die totale aantal inskrywings van 'n betrokke afdeling. Depositostrokie moet inskrywing vergesel.

Reëls

Inskrywings geskied op ’n vrywillige basis, maar almal wat inskryf moet hou by die onderstaande reëls wat die Kunswedstryd neerlê. Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag 7 Maart 2012, 17:00. GEEN INSKRYWINGS SAL OP OF NA 8 MAART AANVAAR WORD NIE.

  1. Slegs die 2012 inskrywingsvorms mag gebruik word. Voltooi asseblief die vorms volledig – gebruik een vorm per afdeling, bv. Klavierafdeling of Sangafdeling of Orrelafdeling ens.)
    • Tydsduur (wat die opstelling insluit) moet so akkuraat as moontlik aangedui word. Indien die tydsduur nie op die inskrywingsvorm aangedui is nie, word daar met die opstelling van die beoordelaarsprogram 4 (vier) minute per deelnemer toegelaat.
    • Geen kontant of tjeks sal aanvaar word nie. Afrigters of instansies is verantwoordelik om 'n bankinbetaling (direk of via internet) te doen van die totale inskrywings van 'n betrokke afdeling. L.W. die depositostrokie moet inskrywing vergesel.
    • Elke onderwyser/ afrigter sal 'n volledige opsomming van sy/haar inskrywings ontvang met 'n volledige program. Hierdie inligting sal per e-pos of gewone pos gestuur word.
  2. ’n Bepaalde stuk, hetsy voorgeskrewe of eie keuse, mag nie in meer as een klas aangebied word nie.
  3. Geen kandidaat mag ’n stuk waarvoor hy/sy by ’n vorige kunswedstryd op Stellenbosch ’n toekenning gekry het, weer vir deelname aanbied nie.
  4. Die kategorie-afdeling word soos volg aangedui: bv. K2 is Klavier Kategorie 2: Vi35 is Viool of Altviool Kategorie 35, ens.
  5. Ouderdom beteken: ouderdom op 1 Januarie 2012.
  6. Indien probleme met die verkryging van voorgeskrewe stukke ondervind word, skakel die betrokke komiteelid (verwys na elke afdeling).
  7. Geen voorsiening kan vir kandidate gemaak word om vooraf in die betrokke lokaal te oefen nie.
  8. Musiekstaanders moet self voorsien word.
  9. Deelnemers aan die kunswedstryd moet, indien hulle gekies word, in die pryswennerskonsert optree. Deelnemers sal na die beoordeling van ’n afdeling, ingelig word wie aan die pryswennerskonserte gaan deelneem.
  10. Die komitee behou die reg om, sonder kennisgewing, datums, plekke en/of beoordelaars te vervang.
  11. Boetes sal gehef word op onttrekkings en naamsveranderings na die sperdatum van elke afdeling. Afrigters sal verantwoordelik wees om hierdie boetes in te vorder en in te betaal voor die spesifieke afdeling se beoordeling plaasvind. In geval van siekte sal 'n doktersertifikaat aanvaar word.