
Koor
| Datum: | 16 en 17 Mei 2012 |
| Plek: | Hoërskool Stellenbosch |
| Beoordelaar: | |
| Navrae: |
Reinette Terreblanche Tel: 021 883 2999 Sel: 082 572 0722 koor@stbkunswedstryd.co.za |
Klik hier vir wisseltrofeë van hierdie afdeling.
Inskrywingsriglyne vir hierdie afdeling:
- Twee kontrasterende werke moet in elke kategorie aangebied word. Die twee werke mag nie in dieselfde taal wees nie.
- Die begeleiding mag met ander instrumente aangevul word. ’n Maksimum van drie addisionele instrumente (uitgesonderd klavier) sal toegelaat word.
- Juniorkore: Leerlinge uit graad 1-3 moet lede van ’n juniorkoor wees. Indien hierdie reël verontagsaam word, sal die koor gediskwalifiseer word.
- Soliste moet tot enkel soliste beperk word en mag slegs uit die leerlinge van die betrokke skool en klasgroep gekies word. Solo’s moet ’n geïntegreerde deel van die koorwerk vorm (en mag nie meer as een kwart van die koorwerk vorm, tensy anders voorgeskryf nie).
- Daar mag nie siklusse gesing word nie. Medlieë word wel toegelaat.
- Elke deelnemende skool moet ’n toesighoudende persoon (nie die dirigent nie) saam met die koor stuur wat ’n kontakpersoon tuis in kennis moet stel indien kore laat terug by skole sou aankom, om wagtende ouers by die skool in te lig.
- 'n Kopie van die lied moet aan die beoordelaar gegee word. Liedere mag getransponeer word.
- Toekenning van die Wisseltrofeë berus by die beoordelaar. 'n Trofee hoef nie noodwendig toegeken te word nie.
- Gebruik asseblief spesifiek die KOOR-inskrywingsvorm.
- Wisseltrofee moet teen voor 25 September 2012 by Musikhaus Heuer (slegs Stellenboschtak) of Allmusic, Jeanettestraat 36, Brackenfell, terug besorg word.
- Toegangsgeld van R10 per volwassene (program ingesluit) en R5 per skoolgaande kind sal gehef word by die deure.
Laerskool Koor
| Kategorie | Ouderdom | Tipe | Beskrywing | Tydsduur | Fooi |
|---|---|---|---|---|---|
| Koor1 | Junior Koor (Graad 1-3) | R 100 | |||
| Koor2 | Senior Koor (Graad 4-7) | R 100 | |||
| Koor3 | Groepsang | 8 - 12 lede | R 75 |
Hoërskool Koor
| Kategorie | Ouderdom | Tipe | Beskrywing | Tydsduur | Fooi |
|---|---|---|---|---|---|
| Koor4 | Dogterskoor | R 100 | |||
| Koor5 | Seunskoor | R 100 | |||
| Koor6 | Gemengde Koor | R 100 | |||
| Koor7 | Dogters Serenadegroep | R 75 | |||
| Koor8 | Seuns Serenadegroep | R 75 | |||
| Koor9 | Gemengde Serenadegroep | R 75 |
Koor: Ope
| Kategorie | Ouderdom | Tipe | Beskrywing | Tydsduur | Fooi |
|---|---|---|---|---|---|
| Koor10 | Studente/ Serenadegroep of Ensemble | R 75 | |||
| Koor11 | Kamerkoor | R 100 | |||
| Koor12 | Dameskoor | R 100 | |||
| Koor13 | Mannekoor | R 100 | |||
| Koor14 | Gemengde Volwassekoor | R 100 |
Skryf in
Klik hier om in te skryf.