
Orrel
| Datum: | Woensdag 18 April 2012 |
| Plek: | Endlersaal |
| Beoordelaar: |
Vir Eie keuse en Bach: Zorada Temmingh Vir Vrye Improvisasie: Zorada Temmingh |
| Navrae: | Emsie Human Tel: 082 445 2121 Faks: 086 672 3502 orrel@stbkunswedstryd.co.za |
Klik hier vir wisseltrofeë en kontantpryse van hierdie afdeling.
Inskrywingsriglyne vir hierdie afdeling:
- ’n Maksimum van drie stukke kan aangebied word waarvan 1 in die Eie Keusekategorie moet wees:
(2 in Eie Keusekategorie en 1 in Bachkategorie) of
(2 in Eie Keusekategorie en 1 in Vrye Improvisasiekategorie) of
(1 in Eie Keusekategorie, 1 in Bach- en 1 in Vrye Improvisasiekategorie) - Indien 2 (twee) stukke aangebied word in die Eie Keuse, moet dit van kontrasterende styltydperke wees.
- Slegs 1 (een) inskrywing in die Bach-kategorie word toegelaat.
- Bach-stukke wat in Eie Keuse-kategorie ingeskryf word, kom nie in aanmerking vir die Bach Wisseltrofee nie.
- Met Improvisasie moet die bladmusiek van die basiese melodielyn tydens beoordeling ingedien word.
- Slegs die 2012 Orrel Inskrywingsvorm mag gebruik word.
- Gebruik asseblief ’n aparte inskrywingsvorm per deelnemer.
- Die tydsduur per stuk (opsteltyd ingesluit) moet akkuraat op die inskrywingsvorm aangedui word.
- Die naam van die stuk en komponis moet op die inskrywingsvorm aangedui word.
- Die bewys van inbetaling moet die inskrywingsvorm vergesel. Geen kontant of tjeks nie, asseblief.
| Kategorie | Ouderdom | Tipe | Beskrywing | Tydsduur | Fooi |
|---|---|---|---|---|---|
| Or1 | Laerskool | Solo | R 25 | ||
| Or2 | Laerskool | Bach | R 25 | ||
| Or3 | Hoërskool | Solo | R 35 | ||
| Or4 | Hoërskool | Bach | R 35 | ||
| Or5 | Student | Solo | R 35 | ||
| Or6 | Student | Bach | R 35 | ||
| Or7 | Ope | Solo | R 35 | ||
| Or8 | Ope | Bach | R 35 | ||
| Or9 | Ope | Vrye Improvisasie | R 35 |