Strykinstrumente

Sang

Datum: 7 tot 12 Mei 2012
Plek: NG Kerk Stellenbosch-Wes
Beoordelaars: Hennie en Maria van der Merwe
Navrae: Laerskool:
Magna Cornelius
Sel: 073 292 3447
sangLS@stbkunswedstryd.co.za



Hoërskool, Studente & Ope:
Emsie Human
Sel: 082 445 2121
sangHS@stbkunswedstryd.co.za

Klik hier vir wisseltrofeë en kontantpryse van hierdie afdeling.

Inskrywingsriglyne vir hierdie afdeling:

  1. Laat inskrywings word nie aanvaar nie en geen deelnemers sal buite hul kategorie beoordeel word nie.
  2. Slegs deelnemers wat aan twee of meer kategorieë deelneem, sal vir bekers/ pryse in aanmerking geneem word.
  3. Maksimum tydsduur vir 7 - 12 jaar is 4 minute; vir 13 jaar en ouer word 6 minute toegelaat. Tydsoorskryding word gepenaliseer.
  4. Sangers word verkieslik op die klavier begelei. Geen "backtracks", elektroniese instrumente, mikrofoon of klankversterking word toegelaat nie.
  5. 'n Kopie van die lied moet aan die beoordelaar gegee word. Liedere mag getransponeer word.
  6. Deelnemers moet twee versies voorberei tensy die lied net een versie het. As die vers baie kort is, moet dit twee keer gesing word.
  7. Ouderdom van deelnemers is soos op 1 Januarie 2012.
  8. Liedere moet ouderdomsgepas wees t.o.v. natuurlike stemontwikkeling en stemomvang, melodie, intervalle en teks.
  9. Seuns en dogters neem aan dieselfde kategorieë deel, maar ding om aparte bekers mee.
  10. Verskillende oudersdomskategorieë vanaf 7 tot 17 jaar en ouer word aangebied.
  11. Sang word volgens die klassieke styl beoordeel.
  12. Die volgende genres word aangebied:
    • Klassiek
    • Volkslied
    • Musiekblyspel/ Filmmusiek
    • Kunslied van SA komponis
    • Opera/ Operette/ Lieder
    • Jazz/ Kabaret
  13. Liedere mag slegs in die ooreenstemmende kategorie ingeskryf word, bv. 'n lied uit 'n musiekblyspel mag slegs in die Muisekblyspelkategorie ingeskryf word, en 'n jazzlied slegs in die Jazz/ Kabaretkategorie, ens.
  14. Volkslied moet in die oorspronklike taal gesing word, met die uitsondering van FAK-liedere, wat uit ander tale ontwikkel het, wat Afrikaanse kultuurbesit is.
  15. Kunslied van 'n Suid-Afrikaanse komponis word in Afrikaans gesing.
  16. Opera/ Operette/ Lieder word in die oorspronklike taal gesing.
  17. Jazz/ Kabaret word in enige taal gesing.
  18. Duet moet in tweestemmige harmonie gesing word en kan uit enige van bogenoemde genres kom.
  19. Trio moet in driestemmige harmonie gesing word en kan uit enige van bogenoemde genres kom.
  20. Kwartet moet in vierstemmige harmonie gesing word en kan uit enige van bogenoemde genres kom.
  21. Toegangsgeld van R10 per persoon (program ingesluit) sal by die deure vir nie-deelnemeners gehef word.
  22. 'n Boete van R10 per deelnemer sal ná die sperdatum vir veranderings of onttrekkings gehef word. Afrigters sal verantwoordelik wees om dit in te vorder en in te betaal. Boete betalings moet ontvang wees vóórdat die beoordeling van die spesifieke kategorie plaasvind. In geval van siekte sal 'n doktersertifikaat aanvaar word.

Kategorie Ouderdom Beskrywing Description Fooi
Sa1 7 jaar Klassiek Classic R 25
Sa2 7 jaar Volkslied Folksong R 25
Sa3 8 jaar Klassiek Classic R 25
Sa4 8 jaar Volkslied Folksong R 25
Sa5 9 jaar Klassiek Classic R 25
Sa6 9 jaar Volkslied Folksong R 25
Sa7 10 jaar Klassiek Classic R 25
Sa8 10 jaar Volkslied Folksong R 25
Sa9 10 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 25
Sa10 11 jaar Klassiek Classic R 25
Sa11 11 jaar Volkslied Folksong R 25
Sa12 11 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 25
Sa13 12 jaar Klassiek Classic R 25
Sa14 12 jaar Volkslied Folksong R 25
Sa15 12 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 25
Sa16 13 jaar Klassiek Classic R 35
Sa17 13 jaar Volkslied Folksong R 35
Sa18 13 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 35
Sa19 14 jaar Klassiek Classic R 35
Sa20 14 jaar Volkslied Folksong R 35
Sa21 14 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 35
Sa22 15 jaar Klassiek Classic R 35
Sa23 15 jaar Volkslied Folksong R 35
Sa24 15 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 35
Sa25 16 jaar Klassiek Classic R 35
Sa26 16 jaar Volkslied Folksong R 35
Sa27 16 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 35
Sa28 17 jaar Klassiek Classic R 35
Sa29 17 jaar Volkslied Folksong R 35
Sa30 17 jaar Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 35
Sa31 18 jaar en ouer Klassiek Classic R 35
Sa32 18 jaar en ouer Volkslied Folksong R 35
Sa33 18 jaar en ouer Musiekblyspel/ Filmmusiek Musical/ Film music R 35
Sa34 13 tot 15 jaar Jazz/ Kabaret Jazz/ Cabaret R 35
Sa35 16 jaar en ouer Jazz/ Kabaret Jazz/ Cabaret R 35
Sa36 16 jaar en ouer Opera/ Operette/ Lieder Opera/ Operette/ Lieder R 35
Sa37 16 jaar en ouer Afrikaanse Kunslied van 'n Suid-Afrikaanse komponis Afrikaanse Kunslied van 'n Suid-Afrikaanse komponis R 35
Sa38 10 tot 12 jaar Duet Duet R 30
Sa39 10 tot 12 jaar Trio Trio R 45
Sa40 10 tot 12 jaar Kwartet Quartet R 45
Sa41 13 tot 16 jaar Duet Duet R 40
Sa42 13 tot 16 jaar Trio Trio R 45
Sa43 13 tot 16 jaar Kwartet Quartet R 45
Sa44 17 jaar en ouer Duet Duet R 40
Sa45 17 jaar en ouer Trio Trio R 45
Sa46 17 jaar en ouer Kwartet Quartet R 45

Skryf in

Klik hier om in te skryf.